Plandirek Deur FinansiŽle Adviseurs & Makelaars in RSA
© Plandirek. Alle regte voorbehou. Inisiatief deur WP Makelaars, ‘n Gemagtigde Finansiëledienste Verskaffer.           Kennisgewings          WP Web Oplossings
Tuisblad Dienste Berekeninge Diensverskaffer Kontak

Aftrede

   Berekeninge

Aftreebeplanning > By aftrede > Berekeninge

By aftrede is daar ‘n paar baie belangrike besluite wat geneem moet word om te verseker dat jy vir die res van jou lewe ‘n inkomste sal hê. Deeglike beplanning is uiters belangrik! Gebruik die hulpmiddels op die webblad om meer inligting te kry en kontak ‘n spesialis om jou by te staan om ingeligte besluite te kan neem!

Belasting betaalbaar by aftrede of dood uit ‘n fonds.

Gebruik die berekening op die blad om te bereken vir hoeveel belasting jy aanspreeklik sal wees op enkelbedrae wat jy ontvang uit ‘n pensioenfonds, bewaringsfonds of uittree-annuïteitfondse. Die berekening maak ook voorsiening dat jy belasbare bedrae wat jy reeds in die verlede ontvang het uit lg. fondse en bydraes tot die fondse wat nie in die verlede gekwalifiseer het vir belastingaftrekkings nie, ook in ag geneem word om ‘n meer akkurate berekening te doen.

Belasting betaalbaar by ontrekking uit ‘n fonds.

Gebruik die berekening op die blad om te bereken vir hoeveel belasting jy aanspreeklik sal wees indien jy uit onttrek uit ‘n ‘n pensioenfonds of 'n voorsorgfonds. Belasbare onttrekte bedrae wat jy in die verlede ontvang het en oordragte wat jy nou na nuwe fondse maak word in ag geneem in die berekening.

Hoe lank sal jou kapitaal genoeg wees en hoeveel inkomste kan jy trek?

Gebruik die berekening op die blad om te bepaal vir hoe lank jou kapitaal genoeg sal wees om vir jou ‘n gekose inkomste bedrag te voorsien. Jy moet ‘n aanname maak van die groei (rente) wat jy op jou kapitaal sal verdien en die berekening maak ook daarvoor voorsiening dat jy kan sê met hoeveel jou inkomste jaarliks moet groei om met inflasie tred te hou. Speel met die inkomste bedrag totdat jy die regte kombinasie van inkomste, jaarlikse groei in inkomste en termyn gevind het wat vir jou unieke omstandighede sal werk en maak aanpassings in jou beplanning en leefwyse indien nodig om jou doelwitte te bereik.          
Aftree | Pensioen rekenaars | berekeninge | ontledings Lewensversekering Pre- & Post Aftrede Tradisionele beleggings Besigheidsversekering Testament Korttermynversekering Mediese Skemas Gapingsdekking Huislening Finansiele adviseurs & makelaars Aftrede Produkte Kontak 'n Adviseur Aftree | Pensioen rekenaars | berekeninge | ontledings Aftree | Pensioen rekenaars | berekeninge | ontledings Go to English website Bereken belasting by aftrede Bereken belasting by onttrekking Bereken jou kontantvloei Aftreebeplanning Spaar vir aftrede By aftrede Ander dienste Kontak 'n Adviseur By aftrede