Plandirek Deur FinansiŽle Adviseurs & Makelaars in RSA
© Plandirek. Alle regte voorbehou. Inisiatief deur WP Makelaars, ‘n Gemagtigde Finansiëledienste Verskaffer.           Kennisgewings          WP Web Oplossings
Tuisblad Dienste Berekeninge Diensverskaffer Kontak

Aftrede

   Produkte

Aftrede | Pensioen produkte

Aftreebeplanning > By aftrede > Produkte

By aftrede is daar ‘n paar baie belangrike besluite wat geneem moet word om te verseker dat jy vir die res van jou lewe ‘n inkomste sal hê. Deeglike beplanning is uiters belangrik! Gebruik die hulpmiddels op die webblad om meer inligting te kry en kontak ‘n spesialis om jou by te staan om ingeligte besluite te kan neem!

Tradisionele Lyfrente (Annuïteit)

‘n Tradisionele Lyfrente is een van die opsies wat jy het om jou voordele wat jy uit ‘n pensioen of uittree-annuïteit ontvang te belê. Dié beleggingsvorm bied aan jou ‘n gewaarborgde inkomste (pensioen) om maandeliks betaal te word soos en hoe die tipe lyfrente betaal wat jy gekies het. Die lyfrente tarief wat bereken word op die datum wat jy die belegging maak is grootliks afhanklik van heersende rentekoersomgewing, jou ouderdom en die tipe lyfrente wat jy kies.      

Beleggingsgekoppelde Lewende Annuïteit (ILLA)

‘n ILLA stel jou in staat om jou aftreefondsvoordele na ‘n verpersoonlikte beleggingsportefeulje oor te dra wat volgens jou risikoprofiel bestuur word. Jy ontvang ‘n gereelde inkomste uit ‘n buigsame aftreebeleggingsproduk wat beteken jy kan jou inkomstevlak en frekwensie jaarliks verander. Sodoende kan jy jou kontantvloei by jou veranderende behoeftes aanpas. Jy het beheer oor jou onderliggende beleggings, wat gekies word om by jou spesifieke risikoprofiel te pas.            
Lewensversekering Pre- & Post Aftrede Tradisionele beleggings Besigheidsversekering Testament Korttermynversekering Mediese Skemas Gapingsdekking Huislening Finansiele adviseurs & makelaars Aftrede Berekeninge Kontak 'n Adviseur Aftrede | Pensioen produkte Go to English website Meer oor tradisionele lyfrentes Meer oor beleggingsgekoppelde lyfrente Aftreebeplanning Spaar vir aftrede By aftrede Ander dienste Kontak 'n Adviseur By aftrede