Plandirek Deur FinansiŰle Adviseurs & Makelaars in RSA
© Plandirek. Alle regte voorbehou. Inisiatief deur WP Makelaars, ‘n Gemagtigde Finansiëledienste Verskaffer.           Kennisgewings          WP Web Oplossings
Tuisblad Dienste Berekeninge Diensverskaffer Kontak

Aftreevoorsiening

   Berekeninge

Aftreebeplanning > Spaar vir aftrede > UA > Rekenaars

‘n Nuwe Generasie Uittree-annuïteit (UA) is waarskynlik die mees geskikte manier om vir aftrede voorsiening te maak of om jou huidige spaargeld of beleggings wat vir aftrede bedoel is aan te vul. Jy kan daaraan dink as ‘n doen-dit-jouself pensioenplan. Die fondse in ‘n uittree-annuïteit is teen krediteure beskerm en die premiebydrae is binne vasgestelde perke aftrekbaar van jou belasbare inkomste.

Aftreebehoefte en Spaarpoging benodig berekening.

Met die berekening moet jy 'n aanname maak van die rentekoers en die inflasiekoers oor die termyn voor en na aftrede. Jy sê dan vir die rekenaar wanneer jy wil aftree en hoeveel pensioen jy in vandag se waarde graag wil ontvang. Die berekeninge sal die gemiddelde lewensverwagting vir mense van jou geslag, wat op die ouderdom wat jy wil aftree, gebruik om te bereken hoeveel kapitaal jy nodig sal hê om jou gevraagde pensioen te voorsien wat jaarliks sal groei teen inflasie oor jou lewensverwagting. Die berekening sal ook vir jou aan- dui hoeveel jy sal moet spaar om jou doelwit te bereik.                 

Vir hoeveel belastingaftrekking vir UA bydraes kwalifiseer jy?

Die rekenaar bereken hoeveel die maksimum aftrekbare huidige bydraes tot uittree-annuïteit is wat jy kan maak.    

Bereken hoeveel jy werklik spaar in 'n uittree-annuïteit.

Die rekenaar sal vir jou wys hoeveel jy aan belasting spaar indien jy bydraes tot 'n uittree-annuïteit maak en ook vir jou ‘n verpersoonlike verduideliking gee van waarom jy eerder ‘n uittree-annuïteit moet belê eerder as om in ‘n ander instrument te belê.             

Hoeveel sal jy spaar oor die termyn? ( illustratiewe opbrengs )

Alhoewel die rekenaar vir jou ‘n aanduiding gee van hoeveel jy kan verwag nadat jy ‘n sekere premie oor ‘n spesifieke termyn spaar, is dit egter maar net ‘n illustrasie van die effek van saamgestelde rente en neem dit nie in ag in watter produk jy belê nie. Die werklike opbrengs sal bepaal word deur die die produk waarin jy belê en die werklike groei wat behaal word nadat kostes verhaal is.                

Risikoprofiel berekening.

Die rekenaar sal jou help om te bepaal wat jou toleransie is jeens risiko, om jou by te staan om die fondse in jou uittree- annuïteit te kies waarmee jy gemaklik sal voel met die bates waarin belê word en die opbrengste wat behaal word.     

Bereken hoeveel jy kan bekostig om te spaar.

Die rekenaar sal jou help om te bepaal wat jou toleransie is jeens risiko, om jou by te staan om die fondse in jou uittree- annuïteit te kies waarmee jy gemaklik sal voel met die bates waarin belê word en die opbrengste wat behaal word.       
Pre-aftrede (Spaar vir aftrede) berekeninge | beplanning | ontleding Sanlam Cumulus Echo Uittree-Annu´teit kwotasie Lewensversekering Pre- & Post Aftrede Tradisionele beleggings Besigheidsversekering Testament Korttermynversekering Mediese Skemas Gapingsdekking Huislening Finansiele adviseurs & makelaars Kry 'n UA Kwotasie Kontak 'n Adviseur Pre-aftrede (Spaar vir aftrede) berekeninge | beplanning | ontleding Pre-aftrede (Spaar vir aftrede) berekeninge | beplanning | ontleding Pre-aftrede (Spaar vir aftrede) berekeninge | beplanning | ontleding Pre-aftrede (Spaar vir aftrede) berekeninge | beplanning | ontleding Pre-aftrede (Spaar vir aftrede) berekeninge | beplanning | ontleding Go to English website Bereken Bereken Bereken Bereken Bereken Bereken Uittree-annu´teit Bewaringsfonds Aftreebeplanning Spaar vir aftrede By aftrede Ander dienste Kontak 'n Adviseur Uittree-annu´teit Spaar vir aftrede