Plandirek Deur FinansiŽle Adviseurs & Makelaars in RSA
© Plandirek. Alle regte voorbehou. Inisiatief deur WP Makelaars, ‘n Gemagtigde Finansiëledienste Verskaffer.           Kennisgewings          WP Web Oplossings
Tuisblad Dienste Berekeninge Diensverskaffer Kontak

Beleggings

Belastingvrye Spaarrekening

Beleggings > Produkte > Belastigvrye spaar > Inleiding

Belastingvrye Spaarrekening

Die meeste Suid-Afrikaners spaar nie genoeg nie. Jy kan jou toekoms verbeter deur vandag slim besluite te neem. Indien jy vinniger begin om gereeld en deurlopende te spaar, kan jy jou verskillende beleggingsdoelwitte deur jou lewe bereik. Tot 1 Maart 2015 is die verdienstes en/of opbrengste op alle beleggings op die een of ander manier aan belasting onderhewig. Die regering het egter, om die spaarkultuur aan te moedig, besluit om die Belastingvrye spaarrekening bekend te stel. ‘n Belastingvrye spaarrekening is ‘n spaarproduk wat jou die geleentheid bied om belasting te spaar op jou spaargeld. Inleiding tot belastingvrye spaar Indien jy in hierdie tipe produk sou belê, kry jy die voordeel dat jou belegging nie belas word nie en die opbrengs belastingvry is. Jy kan ‘n enkelbedrag of maandeliks herhalende premie betaal in ‘n Belastingvrye spaarrekening. Wetgewing beperk jou egter tot: R 30 000 per jaar; en R 500 000 in geheel oor jou leeftyd. Indien jy die bedrae oorskry sal jy beboet word. Alle verdienstes in en opbrengste uit Belastingvrye spaarrekenings is belastingvry. Dit beteken dat wanneer jy in die Belastingvrye spaarrekening belê sal jy nie kapitaalwins (KWB) of belasting op rente en dividende betaal nie. Jy het die buigsaamheid om ter enige tyd uit ‘n Belastingvrye spaarrekening te onttrek. Indien jy egter ‘n onttrekking maak sal dit teen jou jaarlikse en leeftyd bydrae limiete afgetrek word. Byvoorbeeld, indien jy R 30 000 in die huidige belastingjaar belê het in jou Belastingvrye spaarrekening en jy maak ‘n onttrekking van R 10 000, sal jy nie in die huidige belastingjaar toegelaat word om die R 10 000 terug te sit in enige Belastingvrye spaarrekening nie aangesien jy reeds R 30 000 in die huidige jaar gespaar het, ondanks die onttrekking. Wenke indien die Belastingvrye spaarrekening jou unieke behoefte aanspreek en jou keuse is: Begin so gou as moontlik spaar; Spaar deurloopend so veel as moontlik binne die toelaatbare jaarlikse en leeftyd limiete; Doen jou risikoprofiel berekening om te verseker dat jy fondse kies met die korrekte beleggings mandaat om te verseker jy word nie teleurgesteld nie; Los jou geld in die Belastingvrye spaarrekening vir so lank as moontlik om die grootste voordeel moontlik te kry van die effek van saamgestelde rente; en Probeer om nie onttrekkings te maak van geld wat jy reeds belê het in die produk nie.
Lewensversekering Pre- & Post Aftrede Tradisionele beleggings Besigheidsversekering Testament Korttermynversekering Mediese Skemas Gapingsdekking Huislening Finansiele adviseurs & makelaars Kontak 'n Adviseur Go to English website Belastingvrye spaarrekening | belegging (BVSR) Belastingvrye spaarrekening | belegging (BVSR) Belastingvrye spaarrekening | belegging (BVSR) Belastingvrye spaarrekening | belegging (BVSR) Belastingvrye spaarrekening | belegging (BVSR) Belastingvrye spaarrekening | belegging (BVSR) Belastingvrye spaarrekening | belegging (BVSR) Sanlam Belastingvrye Beleggings (BVSR) kwotasie Vrae en antwoorde oor belastingvrye spaarrekening. Inleiding Berekeninge Produkte Vrae en antwoorde Kontak 'n Adviseur Inleiding tot belastingvrye spaar Doen berekeninge van toepassing op belastingvrye spaar Vrae en antwoorde oor belastingvrye spaar Kry 'n belastingvrye spaarrekening kwotasie Belastingvrye spaarrekening Gewaarborgde belegging 5 Jaar belegging Gekoppelde belegging Belegginsprodukte | oplossings Produkte Inleiding tot belastingvrye spaar Belastingvrye spaarrekening