Plandirek Deur FinansiŽle Adviseurs & Makelaars in RSA
© Plandirek. Alle regte voorbehou. Inisiatief deur WP Makelaars, ‘n Gemagtigde Finansiëledienste Verskaffer.           Kennisgewings          WP Web Oplossings
Tuisblad Dienste Berekeninge Diensverskaffer Kontak

Beleggings

   Produkte

Beleggings > Produkte

Belastingvrye Spaarrekening

Die meeste Suid-Afrikaners spaar nie genoeg nie. Jy kan jou toekoms verbeter deur vandag slim besluite te neem. Indien jy vinniger begin om gereeld en deurlopende te spaar, kan jy jou verskillende beleggingsdoelwitte deur jou lewe bereik. Tot 1 Maart 2015 is die verdienstes en/of opbrengste op alle beleggings op die een of ander manier aan belasting onderhewig. Die regering het egter, om die spaarkultuur aan te moedig, besluit om die Belastingvrye spaarrekening bekend te stel. ‘n Belastingvrye spaarrekening is ‘n spaarproduk wat jou die geleentheid bied om belasting te spaar op jou spaargeld.

Gewaarborgde belegging

‘n Tradisionele gewaarborgde belegging is ‘n beleggingsproduk met ‘n minimum termyn van 5 jaar waar die maatskappy vir jou ‘n gewaarborgde inkomste en/of opbrengs op jou belegging bied. Dié tipe beleggings is afhanklik van die tarief wat geld op die datum van jou belegging. Die koers word weekliks deur die verskillende maatskappy bereken en is grootliks van die heersende en verwagte langtermyn rentekoerse afhanklik.

5 Jaar beleggingsplan

Dis 'n beleggingsoplossing vir beleggers wie opsoek is na ’n uiters koste-effektiewe eenmalige beleggingsprodukte. Die produk laat jou toe om voordeel te trek uit die potensiële groei in een of meer van die voorste beleggingsfondse terwyl sommige van die beleggings ook beskerming bied wanneer aandelemarkte volatiel is. Volgens huidige wetgewing is die opbrengs op die tipe produkte belastingvry na 'n minimum termyn van 5 jaar.

Gekoppelde beleggingsplan

Vir buigsame beleggings vir individue, trusts of maatskappye wat in Suid-Afrikaanse kollektiewe beleggingsfondse en aandele wil belê, stel ons die Beleggingsplan beskikbaar. Jy kan deur Plandirek of 'n adviseur in jou dorp se bystand die Effektetrust Gekoppelde Beleggingsplan nommerpas volgens jou behoeftes en risikoprofiel saamstel.
Belegginsprodukte | oplossings Lewensversekering Pre- & Post Aftrede Tradisionele beleggings Besigheidsversekering Testament Korttermynversekering Mediese Skemas Gapingsdekking Huislening Finansiele adviseurs & makelaars Beleggings Berekeninge Kontak 'n Adviseur Belegginsprodukte | oplossings Belegginsprodukte | oplossings Belegginsprodukte | oplossings Go to English website Inleiding Berekeninge Produkte Vrae en antwoorde Kontak 'n Adviseur Meer oor belastingvrye spaarrekening Meer oor gewaarborgde belegging Meer oor 5 jaar beleggingsplan Meer oor effektetrust gekoppelde belegging Produkte