Gapingsdekking > Opsies > Stratum Base 500

Stratum Base 500

Hierdie opsie is saamgestel om addisionele dekking te bied vir die tarief-tekorte op dokter-en spesialisrekeninge vir binne- hospitaal prosedures.

MAANDELIKSE PREMIE

INDIVIDU / FAMILIE R 118 PER VOLWASSE AFHANKLIKE R   60
Plandirek Deur FinansiŽle Adviseurs & Makelaars in RSA
© Plandirek. Alle regte voorbehou. Inisiatief deur WP Makelaars, ‘n Gemagtigde Finansiëledienste Verskaffer.           Kennisgewings          WP Web Oplossings
Tuisblad Dienste Berekeninge Diensverskaffer Kontak

Gapingsdekking

   Stratum Base 500

Gapingsdekking Versekering | Stratum Base 500 opsie

OORSIG

GAPING VOORDEEL

Hierdie voordeel bied addisionele dekking van 500% bo die mediese skema tarief. • Voordeel is onbeperk GAPING VOORDEEL sluit ook dekking in om die tarief- tekorte op sekere binne-hospitaalverwante rekeninge te dek: • Radiologie (x-strale) en patologie, beperk tot R12 000   per versekerde per jaar • Verbruikbare items, beperk tot R6 000 per versekerde   per jaar • Fisioterapie, beperk tot R6 000 per versekerde per jaar

ONGEVALLE VOORDEEL

Hierdie voordeel dek die onkostes wat kan ontstaan by ʼn geregistreerde ongevalle-eenheid vir behandeling genoodsaak weens ʼn ongeluk. Ongeluk: “Liggaamlike besering veroorsaak op ʼn gewelddadige, toevallige en uiterlike wyse.” • Voordeel is beperk tot R3 000 per polis per jaar

TRAUMA BERADING VOORDEEL

Hierdie voordeel dek berading sessies by ʼn geregistreerde berader of kliniese sielkundige wat nodig is ná ʼn ernstige of traumatiese insident weens geweld, ʼn ongeluk of by die diagnose van ʼn gevreesde siekte, beperk tot die versekerde lewens op die Stratum Benefits polis. Trauma: “ ʼn Ernstige besering of skoktoestand vir die liggaam weens geweld, ʼn ongeluk of by die diagnose van ʼn gevreesde siekte, wat aansienlike en blywende geestelike skade kan aanrig.” • Voordeel is beperk tot R2 000 per polis per jaar

ONDERSKRYWING KRITERIA

VAN TOEPASSING VANAF AANVANGSDATUM

VAN DIE POLIS

• 3 Maande algemene wagperiode (geen eise kan binne   die eerste 3 maande ingedien word nie, tensy   ongeluksverwant) • 6 Maande wagperiode vir tonsillektomie (mangels),   miringotomie, adenoïdektomie, histerektomie (behalwe   waar kanker gediagnoseer is), gewrigsvervanging-   chirurgie (behalwe in die geval van ʼn ongeluk), breuk   operasies (behalwe in ʼn noodgeval), katarak chirurgie,   endoskopiese prosedures en verwante chirurgie en   tandheelkundige prosedures • 10 Maande wagperiode vir swangerskap en bevalling • 10 Maande wagperiode vir vooraf-bestaande mediese    kondisies en verwante chirurgie

ALGEMEEN

• Intree-ouderdom voor 70ste verjaarsdag • Kinders word tot en met ouderdom 27 as kinder-   afhanklikes aanvaar, mits hulle as afhanklikes op die   hooflid of gade se mediese skema-opsie geregistreer is • Kinder-afhanklikes ouer as 28 word beskou as   volwassenes en sal ʼn volwasse afhanklike premie   betaal, mits hulle as afhanklikes op die hooflid of gade   se mediese skema-opsie geregistreer is • Intree-ouderdom vir volwasse afhanklikes voor 70ste   verjaarsdag • Die Stratum Benefits-polis bied dekking aan alle   afhanklikes wat op die hooflid of gade se mediese   skema-opsie geregistreer is
Gapingsdekking Versekering | Stratum Base 500 opsie Gapingsdekking Versekering | Stratum Base 500 opsie Lewensversekering Pre- & Post Aftrede Tradisionele beleggings Besigheidsversekering Testament Korttermynversekering Mediese Skemas Gapingsdekking Huislening Finansiele adviseurs & makelaars Aansoek vir Gapingsdekking Kontak 'n Adviseur Go to English website Inleiding Opsies Vrae en antwoorde Aansoek Kontak 'n Adviseur Vergelyk opsies Co-Evolution Comprehensive Elite Senior 500 Hospital Optimiser Oncology Plus G Force Corporate Elite Base 500 Gapingsdekkingaansoek Algemene uitsluitings Opsies Base 500