Mediese Skema

Kry die regte mediese skema wat by jou omstandighede pas!

Gesondheidsorg is ‘n baie belangrike komponent van die finansiële beplanningsproses! As jy en jou familie gesond is sal die risiko faktore by al die ander komponente automaties afneem. Baie mense behoort nie aan ‘n mediese skema nie as gevolg van die hoë kostes daaraan verbonde of omdat hulle glo dis ‘n mors van geld. Daar moet altyd in gedagte gehou word dat onvoorsiene beserings, siekte of ‘n ongeluk ‘n baie groter inpak, nie net op jou finansies nie maar ook op jou lewe kan hê! Dit is so dat jy en jou gesin mediese sorg kan ontvang sonder dat jy aan ‘n medies skema behoort deur na ‘n staatshospitaal te gaan. Die moeite en die koste verbonde aan private mediesesorg ontmoedig gewoonlik die mense om betyds mediese behandeling te ontvang. Mense sonder ‘n mediese skema stel gereeld uit voordat hulle mediese advies soek en dan het die toestand miskien al so vererg dat dit baie groter inpak op hul lewensstandaard het. Wanneer iemand aan ‘n mediese skema behoort ontvang hulle gewoonlik baie vinniger mediese advies en het dus ‘n baie groter kans om gesond te word. Gesondheidsorgkostes styg gedurig en daarom moet jy sekermaak dat jou roetine sowel as onverwagse kostes gedek is. Jou familie is ‘n baie groot seëning veral as jy afhanklikes het en jy moet seker maak dat jy jou beste doen om hulle te dek vir die onvoorsiene. Daar is ‘n verskeidenheid van mediese skemas beskikbaar en jy sal baie noukeurig moet kyk na die kostes en die voordele wat gelewer word. Om mediese skema te kry is nie so eenvoudig as om net te besluit jy wil een hê en dan koop jy dit nie. Daar is verskeie verskaffer wat verskeie planne en opsies aanbied. Dit wissel tussen omvattende dekking met ‘n spaarrekening vir dag tot dag uitgawes tot ‘n hospitaalplan met of sonder dekking vir ernstige siektes soos hartaanvalle, HIV diagnose of sekere van die meer ernstige siektes. As jy dus die kostes van mediesesorg oorweeg in ons land sal jy besef dat ‘n mediese voorsorg noodsaaklik is. Wanneer jy dus reg is, sal ons aanbeveel jy gebruik vir Optivest wat ‘n spesialis verskaffer is wat vir jou die plan sal vind wat by jou omstandighede pas. Gebruik die blad om meer inligting oor mediese skemas te kry en doen aansoek.

Die diensverskaffer

Optivest Gesondheidsdienste is een van die voorste nasionale gesondheidsorg konsultasie dienste. Hulle het een van die mees omvattende kwotasie-, kliëntediens- en ondersteunings- stelsels ontwikkel vir lede van mediese skemas. Optivest is by die Finasiëledienste Raad en die Raad vir Mediese Skemas geakkrediteer en gelisensieer, onafhanklik van enige produkverskaffers en ander diensteverskaffers, een van die grootste gesondheidsorg konsultasie diensverskaffers in Suid Afrika, en doen nasionale besigheid met kantore in Kaapstad en Pretoria. Gesondheidsorg is ‘n baie gespesialiseerde industrie. Koste van mediesesorg is baie hoog en eskaleer vinnig. Om die regte gesondheidsorg plan vir jouself te kies is ‘n baie moeilike en verwarrende taak. Optivest bied ‘n omvattende dienspakket, gedetaileerde mediese skema kwotasies, onafhanklike advies, verwerking van aansoeke en aktiveering van lidmaatskap van mediese skema aan. Jy sal ook toegang hê na Optivest se gespesialiseerde kliëntediens sentrum wat jou sal kan bystaan met ‘n reeks dienste. Optivest is geregistreer met die meerderheid oop skemas in Suid Afrika en kan individuele kliënte sowel as korporatiewe maatskappye van beste mediese skema advies voorsien.

Belangrik om te weet

Gesondheidsorg is ‘n baie gespesialiseerde industrie. Om die regte gesondheidsorg plan vir jouself te kies is ‘n baie moeilike en verwarrende taak. Planirek wil graag vir jou ‘n paar riglyne en inligting gee wat jou kan help om ‘n meer ingeligte besluit te maak oor wie jy moet kies as jy opsoek is na ‘n mediese skema. Let wel: Gesondheidsorg is 'n baie gespesialiseerde industrie en ons glo dat jy seker moet wees jy werk met 'n spesialis wat 'n wye reeks produkte kan verskaf wanneer jy oor 'n mediese skema moet besluit. Plandirek glo dat almal van ons individue is met unieke behoeftes in verskillende omstandighede. Of jy nou 'n kroniese medisyne gebruiker is en of jy 'n baie gesonde persoon is, glo ons daar is nie net een skema wat vir almal sal werk nie. Ons stel voor jy gebruik Optivest wat toegang het tot verskillende verskaffers wat elkeen verskillende planne het wat elk ontwikkel is om 'n verskillende profiel persoon te akkommodeer. Slegs op die manier sal jy weet jy werk met 'n spesialis wat vir jou 'n skema sal vind wat by jou en jou gesin, of by jou korporatiewe profiel sal pas. Mediese skemas se planne verander! Jaarliks moet lede van mediese skemas ‘n keuse maak of hulle op hul bastaande plan gaan bly of ‘n verandering gaan maak. Premies styg of kan selfs daal, MAAR die voordele kan ook verander, en dit gebeur. Moet nie net aanvaar dat jou voordele nog dieselfde is as die vorige jaar nie. Moet nie aanvaar dat die mediese skema steeds jou algemene praktesyn se tariewe gaan betaal nie. Dit kan verander. Dit is nog ‘n rede hoekom Plandirek sal aanbeveel dat jy met Optivest werk. Hulle ken die skemas en weet hoe dit verander en sal jou adviseur oor wat jy moet doen om soortgelyke dekking te geniet as die vorige jaar. Voorgeskrewe minimum voordele: Die voorgeskrewe minimum voordele behels ’n lys van 270 siektetoestande of groepe toestande soos gelys in Bylae A van die Wet op Mediese Skemas. Dié wet verplig skemas sedert 1 Januarie 2000 om minimum voordele vir hierdie toestande te verskaf. Die voorgeskrewe minimum voordele dek jou vir spesifieke behandelings en dienste soos deur die Staat gelewer. Lys van Chroniese Siektes: Vanaf 1 Januarie 2004 is skemas ook verplig om die koste van die diagnose, mediese bestuur (konsultasies en prosedures) en medikasie van ’n gespesifiseerde lys van 28 chroniese toestande te dra. Hierdie lys staan bekend as die voorgeskrewe minimum voordele “Lys van Chroniese Siektes” . Hierdie toestande word ten volle gedek indien dienste volgens die Skema se voordele, behandelingsplanne en protokol, en die “Lys van Chroniese Siektes” -medikasielyste gelewer word, en onder die korrekte diagnostiese kodes geëis word. AS jy 'n Chroniese lyer is moet jy seker maak oor hoeveel jou toestand beperk word op die verskillende opsies. Optivest sal jou help om uit 'n lys verskaffers die skema te vind wat die naaste aan jou behoefte is vir jou toestand. Gebruik 'n spesialis: Plandirek wil voorstel dat jy 'n spesialis gebruik wat die volgende dienste verskaf: Moet jou bekostigbaarheid volgens jou begroting en moontlike subsidie in ag neem. ’n Behoefte-ontleding van die tipe dekking wat verlang word moet gedoen word. Wetgewende implikasies wat wagtydperke, uitsluitings en penalisasies betref in ag neem. Skemas se finansiële posisie in ag neem. Administrasievermoë en algemene dienslewering van ’n Skemas vergelyk.
Mediese skema | Mediese fonds | Gesondheidsorg | Hospitaal Plan Mediese skema | Mediese fonds | Gesondheidsorg | Hospitaal Plan Mediese skema | Mediese fonds | Gesondheidsorg | Hospitaal Plan Mediese skema | Mediese fonds | Gesondheidsorg | Hospitaal Plan Mediese skema | Mediese fonds | Gesondheidsorg | Hospitaal Plan Mediese skema | Mediese fonds | Gesondheidsorg | Hospitaal Plan Mediese skema | Mediese fonds | Gesondheidsorg | Hospitaal Plan Mediese skema | Mediese fonds | Gesondheidsorg | Hospitaal Plan Mediese skema | Mediese fonds | Gesondheidsorg | Hospitaal Plan Mediese skema | Mediese fonds | Gesondheidsorg | Hospitaal Plan Mediese skema | Mediese fonds | Gesondheidsorg | Hospitaal Plan Mediese skema | Mediese fonds | Gesondheidsorg | Hospitaal Plan Mediese skema | Mediese fonds | Gesondheidsorg | Hospitaal Plan Mediese skema | Mediese fonds | Gesondheidsorg | Hospitaal Plan Plandirek Deur FinansiŽle Adviseurs & Makelaars in RSA
© Plandirek. Alle regte voorbehou. Inisiatief deur WP Makelaars, ‘n Gemagtigde Finansiëledienste Verskaffer.           Kennisgewings          WP Web Oplossings
Tuisblad Dienste Berekeninge Diensverskaffer Kontak

Mediese Skema

   Tuisblad

Mediese skema | Mediese fonds | Gesondheidsorg | Hospitaal Plan Mediese skema | Mediese fonds | Gesondheidsorg | Hospitaal Plan Mediese skema | Mediese fonds | Gesondheidsorg | Hospitaal Plan Lewensversekering Pre- & Post Aftrede Tradisionele beleggings Besigheidsversekering Testament Korttermynversekering Mediese Skemas Gapingsdekking Huislening Finansiele adviseurs & makelaars Kry 'n Kwotasie Kontak 'n Adviseur Mediese skema | Mediese fonds | Gesondheidsorg | Hospitaal Plan Mediese skema | Mediese fonds | Gesondheidsorg | Hospitaal Plan Go to English website Mediese skema | Mediese fonds | Gesondheidsorg | Hospitaal Plan Inleiding Kwotasie Kontak 'n Adviseur Mediese Skemas Inleiding